
=====================================================================
Stel die land en al sy mense sentraal (AV 5:5)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Stel die land en al sy mense sentraal

Hein Willemse het by die Afrikaanse Skrywersvereniging se konferensie op Brandvlei gepleit dat weggebreek moet word van die gelykstelling 
van polities of kultureel georganiseerde Afrikanerbelange aan di van alle Afrikaanssprekendes.

EK wil graag hierdie stuk opdra aan 'n sonderlinge mens: Achmat Davids, wat op 15 September op 59-jarige ouderdom oorlede is. Die volgende 
dag het 'n paar honderd mans uit verskillende segmente van Kaapstad in die Boorhanoi moskeetjie styf teen mekaar gestaan en die janazah 
salaah gedoen, die eenvoudige laaste gebed vir die oorledene. Buite in die middaghitte, in die nou keisteenstraatjie het 'n menigte gewag 
om die draagbaar te vergesel. Ons almal was daar om die laaste eer te bewys aan 'n man wat die verpersoonliking van versoening was.

Farid Esack skryf in sy huldeblyk ("Goodbye, Apatjie, friend and confidant", Cape Argus, September 17 1998) dat Achmat "was too involved in 
the task of enabling people to recognise and cultivate their better selves to find time to sloganeer ... [He] was never disdainful of the 
ordinary person, and avoiding the madness of linguistic purity, he spoke the language of ordinary people, never in a condescending manner, 
because it was his language." Hierdie merkwaardige man, sluit Esack af, "had a way of articulating his differences that always held his 
opponent sacred."

Ek kies die figuur van Achmat Davids met 'n bepaalde doel. As taalhistorikus het hy met sy studie The Afrikaans of the Cape Muslims from 
1815 to 1915 'n belangrike stuk revisionre geskiedenis van Afrikaans geskryf. Hy bewys oortuigend dat omstreeks 1815 daar uit die geledere 
van die slawe en die Kaapse Moslems sowel 'n Arabies-Afrikaanse alfabet as Arabies-Afrikaanse skryfwerk ontstaan het. Hiermee verbreed hy 
nie net die kennis van Afrikaans se agtergrond of die Afrikaanse letterkunde nie, maar herwaardeer hy die plek van ons slawevoorouers en 
hul geskiedenisse waarvan ons so bitter min weet. Hierdie studie slaan 'n brug tussen Afrika, Asi en Europa en bewys weer eens dat 
Afrikaans die produk van 'n hele paar kontinente, talle kulture en duisende mense met uiteenlopende agtergronde is.

Dr. Achmat Davids

Dr. Achmat Davids, trustee van die Stigting vir Afrikaans, is op 15 September 1998 oorlede.


Aan die end van die vorige regime was Davids se studie een van daardie aksies wat Afrikaans teruggegee het aan alle Suid-Afrikaners.

Maar daar sit ook 'n stuk filosofie agter my keuse om Achmat Davids te huldig. Die ASV het my 'n kriptiese opdrag gegee: "Afrikaans -- die 
brugbouer en versoenende taal". 'n Onderwerp soos hierdie dwing 'n mens tot introspeksie. Hierdie aanname dat Afrikaans 'n brugbouer of 'n 
versoenende taal is, is wat my betref 'n subtiele denkfout. Want sien, ons praat eintlik nie oor taal nie, maar oor die doen en late van 
mense. In di einste verband het 'n waardige ou man jare gelede moedeloos uitgeroep, "Hulle wil die taal straf, maar dis nie die blrrie 
taal se skuld nie -- dis die blessitse praters se skuld!"

Dt is die punt: taal gaan in die eerste en die laaste instansie om mense. Dis hoe Achmat Davids, die mens, vir my as brugbouer en 
versoener weerklank in di tema kry. In sy poging om die geskiedenis van die Oosterse slawe en die Kaapse Moslems te ondersoek, ontdek 
Davids Arabies-Afrikaans as skakel tussen die slawe se ou wreld en die Kaap van hul verslawing. Maar hy beskou nooit die taal in 'n eng 
nasionalistiese of eiendomlike verband nie. Afrikaans omskryf hy in terme van oorlewing vir daardie geslag.

Dis hierdie Afrikaans wat nou nog leef tussen hulle afstammelinge en wat sonder die selfbewustheid van politieke of ekonomiese mag gepraat 
word. Afrikaans is nie 'n selfstandige akteur nie, maar 'n skakel tussen mense, hart tot hart. S was dit nog altyd.

Ons kom uit 'n gesplete wreld waarin Afrikaanssprekendes die gesagvoerders en uitvoerders van die gruwelikste misdade teen die mense van 
hierdie land was, maar terselfdertyd het ook Afrikaanssprekendes hul arms stompies baklei teen daardie misdade en onreg. Net so was daar 
ook Afrikaanssprekendes wat die draad warm gesit het. Afrikaans is gebruik deur brugbouers en versoeners, terwyl dit in dieselfde tydvak 
uitgebulder is in onderdrukking en skeiding. In hierdie tyd waarin die amptelike geskiedenis herskryf word, is dit noodsaaklik dat ons 
hierdie veelkantige erfenis moet onthou en in die annale moet vestig. Daar is nie net een geskiedenis nie maar talle, met oneindige 
variasies op die waarheid en die leuen.

Tog is ons veelkantige geskiedenis nie voltooi nie -- dit word daagliks geskryf. Maar het ons die lesse van die verlede behoorlik geleer? 
In die openbare debat hoor ek deesdae toenemend 'n benepenheid waar dit gaan oor die plek van Afrikaanssprekendes. Dit kan wees dat ek dit 
net in die Wes-Kaap teenkom. Ek hoor in gesprekke sprake van 'n trek na groeperinge wat byna uitsluitend Afrikaanssprekend is. Nou word dit 
'n bietjie anders gestel as vroer. Ons skep begrippe soos "die Afrikaanses" om ons nuwe gesoleerdheid te vier. Ons stig nie meer 
organisasies vir blankes nie, maar net vir hierdie Afrikaanses. Oor hierdie strategie het ek ernstige bedenkinge.

Hierdie waarneming geld nie net vir wit Afrikaanse mense nie, maar ook vir bruin Afrikaanse mense. "Eers was ons nie wit genoeg nie en nou 
is ons nie swart genoeg nie," word ges. "Ek ken 'hulle' nie en anyway 'hulle' kry mos nou makliker werk as ons, want 'hulle' word mos nou 
geaffirm," s ons. Al s ons dat ons oopstaan vir ander, wend ons nie genoeg pogings aan om op ons beurt self oop te staan vir die nuwe en 
uitleenlopende ervaringe wat ons nuwe land ons bied nie.

As Afrikaanssprekendes herbeding ons die omvang van die groep, maar ons laat ons nie toe om werklik die land in al sy volheid te ervaar 
nie. Daarom stig ons nuwe organisasies wat in teorie vir almal oop sou wees, maar wat slegs vir 'n klein groepie Afrikaanses wil beding. 
Dit kan op die lange duur maklik 'n pad van uitsluiting word.

Tans word in kulturele kringe gekoukus oor die kommissie vir die bevordering en beskerming van die regte van kulture, godsdienstige en 
linguistiese gemeenskappe. Daar is uiteenlopende benaderings tot die ontstaan, die gebruik, die verdediging en die plek van Afrikaans in 
die samelewing. In die openbare debat is dit egter so dat uitsluitlik die stem van gevestigde Afrikaner-belange, van georganiseerde 
Afrikaanse (Afrikaner-) kultuurorganisasies gehoor word. Hul belange word ongenuanseerd in die openbare debat gelyk gestel aan die belange 
van alle Afrikaanssprekendes.

Die belange van Afrikaanssprekendes moet baie brer gesien word. Ons kan nie meer toelaat dat die belange van byvoorbeeld swart 
Afrikaanssprekers ondergeskik gestel of bloot gegnoreer word nie. Ek beding hier vir 'n perspektief wat wegbreek van di wat polities of 
kultureel georganiseerde Afrikanerbelange gelyk stel aan die belange van alle Afrikaanssprekendes. Dis hierdie oop Afrikaans en 
Afrikaanssprekendes wat ons in daardie kommissie sal moet indra. En natuurlik sal Afrikaanssprekendes nie alleen op hierdie pad moet 
vernuwe nie. Ons almal sal moet leer om ou grense oor te steek en nuwe assosiasies te skep wat hierdie land en al sy mense sentraal sal 
stel. Ek vertrou dat ons ten volle sal deelneem aan die opbou van hierdie land -- nie net in eie kulturele kring nie, maar ook oor di 
grense wat ons vir ons self gestel het.   Dr. Hein Willemse is uitvoerende direkteur van OLM Kommunikasie.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5517.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1998 /// Hanteer praktiese taalprobleme menswaardig (AV 5:5) 
/// Oor vryheid en onvryheid (AV 5:5) /// Nederlandse boeke in Suid-Afrika (AV 5:5) /// Wie sal die verlossende woord spreek? (AV 5:5) /// 
Toonvenster van talent (AV 5:5) /// Hegte vriendskapsbande met Vlaandere gebou (AV 5:5) /// 'n Nuwe Afrikaanse webwerf (AV 5:5) /// 
Gehalteprodukte verdien sente (AV 5:5) /// Europese studie-ervaring is binne bereik (AV 5:5) /// Kroniek van twee gesprekke (AV 5:5) /// 
Die wel en wee van Afrikaans se statusprys (AV 5:5) /// Ons sing in Afrikaans! (AV 5:5) /// 'Aitjiebul' speel met taal (AV 5:5) /// 
Vrouekrag in die Suid-Kaap (AV 5:5) /// 'n Gees van fees in die lug (AV 5:5) /// 'n Skrywersoog op Kersfees (AV 5:5) /// Stel die land en 
al sy mense sentraal (AV 5:5) /// Slaan 'n slag vir Afrikaans (AV 5:5) /// 'Interessante tye' vra innovasie (AV 5:5) /// Veeltaligheid is 
'n bron van kennis (AV 5:5) /// 'n 'Oulap' se stories laat die taal vonkel (AV 5:5) /// Sport en sports vir joernaliste in Londen (AV 5:5) 
/// Ek en die lytest geneuk (AV 5:5) ///

